Waarnemings oor die infrarooi refl ektansiespektra van Neutronbestraalde 3C-SiC

Observations on the infrared refl ectance spectra of Neutron-Irradiated 3C-Sic

  • J A A Engelbrecht Nelson Mandela-Universiteit
  • S G Le Roux Universiteit Stellenbosch
  • E G Minnaar Nelson Mandela-Universiteit
  • W E Goosen Nelson Mandela-Universiteit
Keywords: 3C-SiC, neutronbestraling, infrarooispektroskopie

Abstract

Onlangse ontledings van neutronbestraalde kubiese silikonkarbied monsters (3C-SiC-monsters) met behulp van Fourier-transforminfrarooispektroskopie (FTIR-infrarooispektroskopie) het gerapporteer oor waargenome veranderinge van die refl ektansie sowel as onttrekte diëlektriese parameters van die monsters. Die veranderinge hou vermoedelik verband met die oppervlakgrofheid van die monsters. Aangesien daar nie verwag word dat neutronbestraling die oppervlak van bestraalde monsters sal beskadig nie, is hierdie waarnemings herevalueer. Daar word voorgestel dat veranderinge meer waarskynlik toegeskryf kan word aan die korrelgroottes van die polikristallyne 3C-SiC-monsters wat bestraal is.

Author Biographies

J A A Engelbrecht, Nelson Mandela-Universiteit

Sentrum vir HRTEM en Departement Fisika, Nelson Mandela-Universiteit, Suid-Afrika

S G Le Roux, Universiteit Stellenbosch

Departement Chemie en Polimeerwetenskap, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

E G Minnaar, Nelson Mandela-Universiteit

Sentrum vir HRTEM en Departement Fisika, Nelson Mandela-Universiteit, Suid-Afrika

W E Goosen, Nelson Mandela-Universiteit

Sentrum vir HRTEM en Departement Fisika, Nelson Mandela-Universiteit, Suid-Afrika

Published
2023-12-06
How to Cite
Engelbrecht, J., Le Roux, S., Minnaar, E., & Goosen, W. (2023). Waarnemings oor die infrarooi refl ektansiespektra van Neutronbestraalde 3C-SiC. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 88-93. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/967
Section
Oorspronklike Navorsing