Ontwikkeling van ‘n model vir die voorspelling van kweekhuisgasvrystellings vir Suid-Afrikaanse bedrywe

Development of an emissions forecasting model for South African industrial facilities

  • S Viljoen Noordwes-Universiteit
  • J Pascoe Noordwes-Universiteit
  • A G S Gous Universiteit Stellenbosch
  • J H van Laar Universiteit Stellenbosch

Abstract

Kweekhuisgasse is een van die beduidende faktore wat tot versnelde klimaatsverandering bydra. Om hierdie rede is daar verskeie nasionale en internasionale verligtingsbeleide in werking gestel om die impak van klimaatsverandering teen te werk. Die verligtingsbeleide fokus hoofsaaklik op die vrystelling en bestuur van kweekhuisgasse. Hierdie beleide is saamgestel uit verskeie maatreëls soos koolstofbelasting, koolstofbegrotings en sektorgebaseerde vrystellingsteikens. Die doel van die maatreëls is om ’n afname in kweekhuisgasse te bevorder, maar dit vereis langtermynbeplanning om die resultate te bewerkstellig. Dit sluit onder andere prosesse en die tydlyne in waarvolgens nywerhede hul kweekhuisgasverminderingsteikens moet bereik.

Author Biographies

S Viljoen, Noordwes-Universiteit

Centre for Research and Continued Engineering Development (CRCED) Pretoria, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

J Pascoe, Noordwes-Universiteit

Centre for Research and Continued Engineering Development (CRCED) Pretoria, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

A G S Gous, Universiteit Stellenbosch

Departement Bedryfsingenieurswese, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

J H van Laar, Universiteit Stellenbosch

Departement Bedryfsingenieurswese, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Viljoen, S., Pascoe, J., Gous, A., & van Laar, J. (2023). Ontwikkeling van ‘n model vir die voorspelling van kweekhuisgasvrystellings vir Suid-Afrikaanse bedrywe. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 139-140. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/960
Section
Referaatopsommings