Toepassing van vloeichemie vir die sintese van farmaseutiese boublokke in organiese chemie

Application of flow chemistry for the synthesis of pharmaceutical templates in organic chemistry

  • B M Currie Universiteit van Pretoria
  • N C Neyt Universiteit van Pretoria
  • L S Dibokwane Universiteit van Pretoria
  • A M Reinhardt Universiteit van Pretoria
  • L T van Wyk Universiteit van Pretoria
  • D L Riley Universiteit van Pretoria
  • J Panayides Universiteit van Pretoria

Abstract

Vir dekades was die ronde kookfles en proefbuise die belangrikste toerusting in chemie laboratoriums. Dit is veelsydig en gerieflik om vir reaksies op kleiner skaal te gebruik. Op ’n groter industriële skaal is tradisionele bondelprosessintese egter tydrowend, ondoeltreffend en moeilik om op te skaal wanneer omgewings- en ekonomiese faktore oorweeg word. Sedert die ontwikkeling van vloeichemie met toepassing in organiese sintese in die farmaseutiese bedryf, kan die sleutelparameters in reaksies hoogs effektief op ’n groter industriële skaal geoptimeer word. Vloeichemie word dikwels gedefinieer as ’n aaneenlopende proses waarin klein volumes reagense deur mikroreaktore gepomp word in ’n streng beheerde omgewing om hoë chemiese selektiwiteit teweeg te bring. Vloeisinteses word byvoorbeeld verkies bo tradisionele prosessintese wanneer reaksies uitgevoer word by onkonvensioneel hoë temperature en druk en met gebruik van kokende oplosmiddels. Dus word vloeisintese die voorkeurroete wanneer vinniger reaksietye, verminderde energieverbruik, doeltreffende vermenging, hoë chemiese selektiwiteit, beter massa- en hitte-oordrag en effektiewe hitteverspreiding benodig word.

Author Biographies

B M Currie, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

N C Neyt, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

L S Dibokwane, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

A M Reinhardt, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

L T van Wyk, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

D L Riley, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

J Panayides, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2024-02-14
How to Cite
Currie, B., Neyt, N., Dibokwane, L., Reinhardt, A., van Wyk, L., Riley, D., & Panayides, J. (2024). Toepassing van vloeichemie vir die sintese van farmaseutiese boublokke in organiese chemie. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 98. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/984
Section
Referaatopsommings