TY - JOUR AU - Johan Rossouw AU - M Matthee AU - L Weilbach PY - 2019/07/18 Y2 - 2024/03/28 TI - ’n Analise van die konsepte van toepassing op veranderingsbestuur vir die implementering van e-leer JF - Suid-Afrikaans Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</i> JA - SATNT VL - 37 IS - 1 SE - Referaatopsommings DO - UR - http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/706 AB - ’n Toenemende aantal skole in Suid-Afrika is besig om e-leer en verwante tegnologie in een of ander vorm in klaskamers te implementeer. Bestaande navorsing wys dat fi nansiële belegging in hierdie tipe implementerings in Suid-Afrika teen ’n eksponensiële koers styg. Navorsing wys ook dat sulke implementerings en die uitrol van inligtingkommunikasietegnologie (IKT) in skole met radikale verandering gepaardgaan. Alhoewel verskeie navorsers al navorsing gedoen het oor hierdie verandering in klaskamers, het die navorsing wat vir hierdie aanbieding gedoen is gewys dat vorige navorsing nie daarin kon slaag om ’n omvattende verwysingsraamwerk van bestaande veranderingsmodelle, -raamwerke en -teorieë daar te stel nie. Ten einde so ’n raamwerk te konstrueer, moet al die toepaslike modelle ontleed word in ’n poging om die konsepte wat van toepassing is te identifi seer. Die doel van hierdie universele model is om navorsers en skole in staat te stel om verandering en veranderingintervensies, wat gepaard gaan met die uitrol van e-leer in skole, optimaal te bestuur. ER -