TY - JOUR AU - Cleo Retief AU - L Fletcher PY - 2019/07/18 Y2 - 2024/03/29 TI - Parametriese en nie-parametriese oorlewingsanalisetegnieke met ’n toepassing in die tersiêre onderwysomgewing JF - Suid-Afrikaans Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</i> JA - SATNT VL - 37 IS - 1 SE - Referaatopsommings DO - UR - http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/704 AB - Die waarskynlikheid van studente om te gradueer in enige kurrikulum waarvoor hulle ingeskryf is, sowel as die tydskaal daaraan verbonde, is om verskeie redes vir opvoedkundige beplanners van belang. Dit sluit die volgende in: bekommernisse oor fi nansiering (meer befondsing word benodig hoe langer die duur van studie), bestuursbeplanning en organisasie van fasiliteite (lesinglokale, eksamenlokale, student-tot-dosent verhoudings, rekenaarfasiliteite, ensovoorts) deur die universiteit, die tyd wat dit neem om ’n sekere graad te voltooi (word as prestasieaanwyser gebruik) en menslike hulpbronbeplanning (om toekomstige indiensneming in departemente te beplan). Al hierdie elemente is relevant vir Suid-Afrika, waar die afgelope paar jaar ’n toenemende vraag na universiteitsopleiding ervaar is. Studente wat nie hul studies binne die voorgeskrewe tydsduur voltooi nie, veroorsaak probleme. ’n Model om beramings van die duur van voorgraadse studie met behulp van parametriese en nie-parametriese oorlewingsanalise-tegnieke te maak, kan opvoedkundige bestuurders help om die beperkte hulpbronne tot hul beskikking beter te bestuur. ER -