TY - JOUR AU - Melt Hugo AU - B Loedolff AU - H Janse van Rensburg AU - D Guzha AU - S Pieters PY - 2019/07/17 Y2 - 2024/03/29 TI - Funksionele karakterisering van ’n tentatief geannoteerde stachyose sintase van <i>Medicago truncatula</i> JF - Suid-Afrikaans Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</i> JA - SATNT VL - 37 IS - 1 SE - Referaatopsommings DO - UR - http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/699 AB - Raffi nose Familie Oligosakkariede (RFO’s; Suc-Galn, 13 < n ≥ 1) is α-1,6-galaktosielverlengings van sukrose wat slegs in die plantkoninkryk en in ’n seleksie van foto-outotrofi ese bakterieë voorkom. Hierdie unieke suikers vervul kritiese rolle in plante en dien as storingsmolekule in die sinkweefsel, fl oëem translokasiemolekules, en as teikenmolekule om abiotiese en biotiese spanning teen te veg. Die RFO-biosintetiese roete is goed gekarakteriseer en RFO’s word geproduseer vanaf sukrose deur die opeenvolgende byvoeging van galaktosielmolekules deur α-1,6-galaktosieltransferases naamlik galaktinol sintase (GolS, EC 2.4.1.123), raffinosesintase (RafS, EC 2.4.1.82) en stachyose sintase (StaS, EC 2.4.1.67). ER -