TY - JOUR AU - Raugme Brink AU - K Mallick PY - 2019/07/17 Y2 - 2024/03/29 TI - Die in-situ elektrochemiese opsporing van die neuromolekule, Epinefrien, met behulp van ’n funksionele nano-saamgestelde silwer-polimeer verrykende materiaal JF - Suid-Afrikaans Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</i> JA - SATNT VL - 37 IS - 1 SE - Referaatopsommings DO - UR - http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/692 AB - Neuromolekules (NM) is chemiese boodskappers betrokke by talle funksies in die fi siologiese sisteem. Hierdie neurotransmissie-eenhede en hul boustene is noodsaaklik vir die werking van die sentrale senuweestelsel (Szymanska, Kusmierska & Demkow 2015). NM’s is ook belangrik vir metaboliese en fi siologiese prosesse in die liggaam. Verskeie siektes en versteurings stam vanaf hul chemiese wanbalans, met die ontwikkeling van spoedige en sensitiewe metodes vir die opsporing van hierdie bio-molekules van belang in kliniese en nie-kliniese toepassings (Lavanya & Sekar 2017). ER -