Karakterisering van die effek van salisielsuurtoediening op Sclerotinia-stamvrot in sojabone

Characterising the effect of salicylic acid application on Sclerotinia stem rot in soybean

  • A Edwards Universiteit van die Vrystaat
  • W J Swart Universiteit van die Vrystaat
  • M Nyoni Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Sclerotinia-stamvrot (SSV) van sojabone is ’n siekte van ekonomiese belang wat tot verwoestende opbrengsverliese lei. Dit is ’n moeilike siekte om te beheer as gevolg van die patogeen se vermoë om oorlewingstrukture genaamd sclerotia in plantreste te vorm. As gevolg van ’n tekort aan chemiese produkte wat vir die beheer van SSV geregistreer is, word daar al hoe meer na alternatiewe oplossings gekyk. Weerstandsinduseerders, soos salisielsuur (SA), aktiveer die inherente verdedigingsmeganismes van die gasheerplant om die erns van die siekte te verminder. Salisielsuur is ’n wyd bestudeerde weerstandsinduseerder wat getoon het dat dit tot die induksie van sistemies verworwe weerstand teen ’n reeks patogene lei.

Author Biographies

A Edwards, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

W J Swart, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

M Nyoni, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2024-02-14
How to Cite
Edwards, A., Swart, W., & Nyoni, M. (2024). Karakterisering van die effek van salisielsuurtoediening op Sclerotinia-stamvrot in sojabone. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 100. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/986
Section
Referaatopsommings