Die ruimtelike denkvermoë van voorgraadse Geografie-studente by geselekteerde Suid-Afrikaanse universiteite

The spatial thinking abilities of undergraduate Geography students at selected South African universities

  • S Carow Universiteit van Suid-Afrika
  • R Pretorius Universiteit van Suid-Afrika

Abstract

Ruimtelike denke is ’n baie belangrike denkwyse vir alle wetenskaplikes. Ruimtelike denke stel ’n persoon in staat om ruimtelike verhoudings tussen verskillende verskynsels te verstaan en te interpreteer, die gehalte van ruimtelike data te evalueer, ruimte in redenasies te gebruik, probleme op te los en gevolgtrekkings te maak deur ruimtelike inligting te gebruik. As gevolg van die ruimtelike aspek van die denkproses, vind dit ’n natuurlike toepassing in Geografie. Verskeie faktore kan die ontwikkeling van ’n persoon se ruimtelike denkvermoë beïnvloed, soos byvoorbeeld hoe vinnig en maklik ’n persoon iets nuuts aanleer en ook die studievoorkeure van ’n persoon. Die implikasie hiervan is dat alhoewel ’n persoon op enige ouderdom ruimtelike denke kan aanleer, verskillende persone se denkprosesse verskillend ontwikkel.

Author Biographies

S Carow, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Geografie, Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika

R Pretorius, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Geografie, Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika

Published
2024-02-14
How to Cite
Carow, S., & Pretorius, R. (2024). Die ruimtelike denkvermoë van voorgraadse Geografie-studente by geselekteerde Suid-Afrikaanse universiteite. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 97. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/983
Section
Referaatopsommings