Waterstofbindings tussen adenien en timien: Insig vanuit die perspektief van molekuulwye en elektrondigtheid-gebaseerde chemiese binding (MOWED-CB)

Hydrogen bonding between adenine and thymine: Insight from the perspective of molecular-wide and electron density based chemical bonding (MOWED-CB)

  • L Cajada Universiteit van Pretoria
  • J de Lange Universiteit van Pretoria
  • I Cukrowski Universiteit van Pretoria

Abstract

Daar word algemeen aanvaar dat DNS-stringe deur waterstofbindings tussen die stikstofbasisse van DNS-nukleotiede bymekaargehou word. In hierdie navorsing word die model wat deur Watson en Crick in 1953 opgestel is, herbesoek deur van nuwe berekeningschemietegnieke gebruik te maak. FALDI (De Lange & Cukrowski, 2017) en REP-FAMSEC (Cukrowski, et al., 2019) is berekeningsprogrammatuur wat deur die berekeningschemie-navorsingspan van die Universiteit van Pretoria ontwikkel is. FALDI kwantifiseer gedelokaliseerde elektrone tot atoomvlak en illustreer die verspreiding van elektrondigtheid oor ’n molekule. REP-FAMSEC verskaf ’n diepgaande ontleding van die effek wat bindingsinteraksies op die energie van ’n molekuul het. Integrasie van FALDI en REP-FAMSEC bied insig vanuit die perspektief van molekuulwye en elektrondigtheid-gebaseerde chemiese binding (MOWED-CB) om sodoende chemiese bindingsinteraksies op ’n molekuulwye vlak te verstaan (Cukrowski, 2022).

Author Biographies

L Cajada, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

J de Lange, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

I Cukrowski, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2024-02-14
How to Cite
Cajada, L., de Lange, J., & Cukrowski, I. (2024). Waterstofbindings tussen adenien en timien: Insig vanuit die perspektief van molekuulwye en elektrondigtheid-gebaseerde chemiese binding (MOWED-CB). Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 95-96. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/982
Section
Referaatopsommings