Swamme en mikotoksiene wat geassosieer word met akkerboon- (Vigna unguilata L. Walp) saad afkomstig van landelike gebiede in Suid-Afrika, en hul fisiologiese effek

Mycoflora and mycotoxins associated with cowpea (Vigna unguilata L. Walp) seed collected from rural areas in South Africa, and their physiological effect

  • J J F Viljoen Universiteit van Pretoria
  • M Truter Landbounavorsingsraad
  • Q Kritzinger Universiteit van Pretoria

Abstract

Akkerboon is veral onder bestaans- en kleinskaalse boere ‘n belangrike gewas. Dit dien nie net as voedselbron vir sowel mens as dier nie, maar het ook ‘n reeks medisinale eienskappe. Verder help die verbouing van akkerbone hierdie boere deur natuurlike stikstofbinding wat die groei van opvolggewasse verbeter. Saad word meestal verkry deur vorige seisoen se opbrengste te gebruik, wat veroorsaak dat saad vir lang periodes gestoor moet word. Saad wat gestoor word, is onderhewig aan kontaminasie deur swamme, veral spesies wat mikotoksiene produseer. Mikotoksiene is skadelike metaboliete wat gesondheidsgevare vir beide mens en dier inhou, en kan ook fitoksisiteit van plante veroorsaak. Die hoofgroepe van swamme wat mikotoksiene produseer, sluit die spesies Fusarium, Aspergillus en Penicillium in. Bergingpraktyke asook omgewingstoestande soos temperatuur en vogtigheid speel ‘n groot rol in die oorlewing van hierdie swamme asook die produksie van mikotoksiene. Die doel van die studie was om vas te stel watter swamme asook hoeveel van hierdie swamme natuurlik in saadmonsters teenwoordig is. Daar is ook beoog om vas te stel of mikotoksiene in hierdie saadmonsters teenwoordig is.

Author Biographies

J J F Viljoen, Universiteit van Pretoria

Departement Plant- en Grondwetenskap, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

M Truter, Landbounavorsingsraad

Industriële en Medisinale Plante, Landbounavorsingsraad, Suid-Afrika

Q Kritzinger, Universiteit van Pretoria

Departement Plant- en Grondwetenskap, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Viljoen, J., Truter, M., & Kritzinger, Q. (2023). Swamme en mikotoksiene wat geassosieer word met akkerboon- (Vigna unguilata L. Walp) saad afkomstig van landelike gebiede in Suid-Afrika, en hul fisiologiese effek. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 138. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/959
Section
Referaatopsommings