Die rol van liggaamsgrootte as ’n faktor wat nisvariasie binne herbivoorbevolkings beïnvloed

The role of body size as a factor influencing within-population niche variation in mammalian herbivores

  • R van der Merwe Universiteit van die Vrystaat
  • D Codron Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Individuele nisvariasie (INV) vind plaas wanneer natuurlike seleksie organismes binne ‘n bevolking dryf om verskillende hulpbronne te gebruik, en het diepgaande gevolge vir spesieverhoudings, oorlewing van organismes asook bevolkings- en evolusionêre dinamika. Daar word verwag dat verskillende ekologiese faktore, naamlik intra- en interspesifieke mededinging, predasie en ekologiese geleentheid die graad van INV beïnvloed, terwyl onlangse bewyse daarop dui dat verskille in die graad van INV tussen bevolkings aan spesies se funksionele eienskappe gekoppel kan wees. Dit is die meetbare eienskappe van organismes wat hul fiksheid beïnvloed en aanpassings in verskillende omgewings weerspieël. Onder die verskeie karaktereienskappe van diere word liggaamsgrootte algemeen as een van die belangrikste beskou. Feitlik alle fundamentele ekologiese, biomeganiese en fisiologiese faktore skaal met liggaamsgrootte. Ons stel voor dat liggaamsgrootte dus ‘n rol kan speel in die graad van INV. Die diversiteit en volopheid van groot soogdierherbivore is uitsonderlik, veral in Afrika-ekostelsels, en bied dus ‘n uitstekende stelsel om hipoteses oor nisvariasie te toets. Met ‘n toename in liggaamsgrootte, kom ‘n toename in hoeveeldheid voedsel wat ingeneem moet word om ‘n individu te onderhou en dus minder geleentheid om selektief te wees. ‘n Belangrike hipotese, en onderliggend aan die huidige studie, is dat die eienskappe van groot herbivoorsoogdiere na verwagting die geleenteid vir INV om te ontwikkel, beperk. Omdat dit hoofsaaklik ‘n beperking op ‘n hoë vlak van voedselinname is, het ons voorspel dat INV negatief aan liggaamsgrootte gekoppel is.

Author Biographies

R van der Merwe, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Unversiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

D Codron, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Unversiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
van der Merwe, R., & Codron, D. (2023). Die rol van liggaamsgrootte as ’n faktor wat nisvariasie binne herbivoorbevolkings beïnvloed. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 133. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/956
Section
Referaatopsommings