Veranderinge in die urienmetaboloom van tuberkulosepasiënte tydens suksesvolle en onsuksesvolle behandeling

Variations in the urine metabolome of tuberculosis patients during successful and unsuccessful treatment

  • M Opperman Noordwes-Universiteit
  • D T Loots Noordwes-Universiteit
  • I du Preez Noordwes-Universiteit

Abstract

Ongeag die algehele sukses van tuberkulose- (TB-) behandeling (DOTS-strategie), is daar steeds jaarliks veelvoudige onsuksesvol behandelde gevalle. Die DOTS-strategie behels die toediening van ‘n kombinasie antibiotikums onder toesig, vir ‘n minimum van ses maande. Alhoewel onsuksesvolle terapie toegeskryf kan word aan die onderbreking en/of vroegtydige staking van behandling, is dit in baie gevalle ook die uitkoms wanneer die DOTS-kursus ten volle gevolg word. Die onderliggende biologiese meganisme hiervan is egter meestal onbekend, en meer inligting oor hierdie verskynsel kan tot verbeterde behandelingsprotokolle lei. Metabolomika (die studie van klein molekules in biologiese sisteme soos bloed, urine en selle) weerspieël die interaksie tussen genetika, eksterne faktore, soos medikasie, en die fenotipe (suksesvol/onsuksesvolle behandeling), wat dus toegepas kan word om antibiotikums se werkmeganismes en toksisiteit te ondersoek. Die studie het ‘n multiplatform-metabolomikabenadering gevolg vir die identifikasie van metabolietmerkers wat meer inligting oor die onderliggende meganismes van TB-behandeling kan bied.

Author Biographies

M Opperman, Noordwes-Universiteit

Menslike Metabolomika, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

D T Loots, Noordwes-Universiteit

Menslike Metabolomika, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

I du Preez, Noordwes-Universiteit

Menslike Metabolomika, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Opperman, M., Loots, D., & du Preez, I. (2023). Veranderinge in die urienmetaboloom van tuberkulosepasiënte tydens suksesvolle en onsuksesvolle behandeling. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 130. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/953
Section
Referaatopsommings