Die samestelling van die rumenmikrobioom van Suid-Afrikaanse voerkraalbeeste met verwysing na bakterieë, archaea en fungi

The composition of the rumen microbiome of South African feedlot cattle in terms of bacteria, archaea and fungi

  • D A Linde Universiteit van Pretoria
  • C J L du Toit Universiteit van Pretoria
  • E van Marle-Köster Universiteit van Pretoria

Abstract

Herkouerdiere is afhanklik van die mikro-organismes in die rumen om stysel en vesel deur fermentasie af te breek tot vlugtige vetsure wat vir energie gebruik kan word. Die konsentrasie en verhouding van die vlugtige vetsure sowel as ander fermentasieprodukte, soos metaan, bepaal die hoeveelheid energie wat beskikbaar is. Voerbymiddels word algemeen in voerkrale gebruik om meer voordelige fermentasieprodukte soos propionsuur te vermeerder terwyl minder voordelige produkte soos metaan verminder om  voerdoeltreffendheid te verhoog. Antibiotiese voerbyvoegmiddels soos monensien word gekritiseer oor die bedreiging wat dit vir antibiotiese weerstandbiedende bakterieë kan inhou. Die doel van hierdie studie is om die effek van monensien op die samestelling van die rumenmikrobioom gedurende die voerkraalperiode te bestudeer.

Author Biographies

D A Linde, Universiteit van Pretoria

Departement Veekunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

C J L du Toit, Universiteit van Pretoria

Departement Veekunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

E van Marle-Köster, Universiteit van Pretoria

Departement Veekunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Linde, D., du Toit, C., & van Marle-Köster, E. (2023). Die samestelling van die rumenmikrobioom van Suid-Afrikaanse voerkraalbeeste met verwysing na bakterieë, archaea en fungi. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 127. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/950
Section
Referaatopsommings