Die probleem met gebruikte voertuigbande: Plasmavergassing as oplossing

The problem with used vehicle tyres – Plasma gasification as solution

  • A A Janse Universiteit van Pretoria
  • I J van der Walt Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa)
  • P L Crouse Universiteit van Pretoria

Abstract

Omdat voertuigbande ontwerp word om duursaam te wees, skep dit aan die einde van hul ekonomiese lewe ‘n groot afvalprobleem. Bande is nie bio-afbreekbaar nie en berging veroorsaak gesondheids-, besoedelings- en brandgevaar. Wêreldwyd word jaarliks ongeveer 1.6 miljard nuwe bande vervaardig, en 1 miljard uit diens gestel, waarvan naasteby 100 miljoen deur die herwinningsindustrie geprosesseer word. Bandkarkasse wat ongeskik is vir versoling, word hoofsaaklik herwin vir granulering, of energieverhaling, veral in stoomketels, sement- en papiervervaardiging. Dit word ook gebruik in siviele konstruksiewerk as vulmateriaal en die granules vir oppervlakbedekking op paaie, speelgronde en sportgronde. ‘n Reeks olies, gasse en vaste stowwe kan herwin word deur pirolise- en vergassingsprosesse.

Author Biographies

A A Janse, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

I J van der Walt, Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa)

Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), Suid-Afrika

P L Crouse, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Janse, A., van der Walt, I., & Crouse, P. (2023). Die probleem met gebruikte voertuigbande: Plasmavergassing as oplossing. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 124. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/947
Section
Referaatopsommings

Most read articles by the same author(s)