Voorlopige resultate oor die biodiversiteit van bloedparasiete wat Suid- Afrikaanse paddas infekteer

Preliminary results on the biodiversity of blood parasites infecting South African frogs

  • J du Buisson Noordwes-Universiteit
  • L H du Preez Noordwes-Universiteit
  • E C Netherlands Noordwes-Universiteit

Abstract

Die Soutpansberge is ‘n bergreeks in die noordelike deel van Suid-Afrika en vorm deel van die Vhembe Biosfeerreservaat uit – ‘n gebied wat ten minste 35 paddaspesies huisves. Paddas tree op as geskikte gashere vir ‘n verskeidenheid intra- en ekstrasellulêre bloedparasiete. Intrasellulêre bloedparasiete sluit haemogregariene, hemokokkidieë, rikettsië, en intra-eritrosietbakterieë en -virusse in. Ekstrasellulêre bloedparasiete sluit tripanosome en mikrofilarië in. Die oordrag van hierdie bloedparasiete vind deur bloedsuiende insekte of wurms (moontlik muskiete of bloedsuiers) plaas. Tot op hede is beperkte inligting beskikbaar oor die diversiteit en verspreiding van bloedparasiete binne die studiegebied. Hierdie studie toon aan dat verskeie paddas as gasheer dien vir ‘n verskeidenheid bloedparasiete.

Author Biographies

J du Buisson, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

L H du Preez, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

E C Netherlands, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
du Buisson, J., du Preez, L., & Netherlands, E. (2023). Voorlopige resultate oor die biodiversiteit van bloedparasiete wat Suid- Afrikaanse paddas infekteer. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 120. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/943
Section
Referaatopsommings