Nematood-opname in twee natuurreservate in die Vrystaatprovinsie, Suid-Afrika

Nematode survey in two nature reserves of the Free State Province, South Africa

  • A de Smidt Universiteit van die Vrystaat
  • C Jansen van Rensburg Universiteit van die Vrystaat
  • L L van As Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Studies oor verteenwoordigers van vrylewende nie-parasitiese en plantparasitiese nematode wat in natuurreservate in Suid-Afrika voorkom, is skaars. Meer navorsing oor die ekologie van nematode in Suid-Afrika word dus benodig. Volgens die Suid-Afrikaanse Plantparasitiese Nematood-opname en Nasionale Versameling van Nematode, is veral min inligting bekend oor vrylewende nieparasitiese en plantparasitiese nematode wat in die Vrystaatprovinsie voorkom. Om hierdie rede is die huidige studie daarop gemik om ‘n nematood-opname van twee natuurreservate te doen, asook om te bepaal hoe die ekologie van die nematoodgemeenskappe tussen die habitats in die reservate verskil. Die Soetdoring (SNR) en Willem Pretorius Natuurreservate (WPNR) is beide in die Vrystaat geleë en kom in die graslandbioom voor. Veldwerk het tussen 2017 en 2019 plaasgevind. Willekeurige habitats is in beide reservate gekies, naamlik ‘n grasveld- en ‘n akwatiese habitat (rivier en dam). Grondmonsters (250 ml) is met behulp van ’n klein tuingrafie tot ’n diepte van 15 cm in die grond van elke habitat versamel en by die nematologielaboratorium departement van Dierkunde en Entomologie, in Bloemfontein verwerk. Nematode is geëkstraheer, gefikseer, geïdentifiseer en daarna op Cobb-preparate gemonteer vir ligmikroskopiese waarneming en tellings.

Author Biographies

A de Smidt, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

C Jansen van Rensburg, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

L L van As, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
de Smidt, A., Jansen van Rensburg, C., & van As, L. (2023). Nematood-opname in twee natuurreservate in die Vrystaatprovinsie, Suid-Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 119. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/942
Section
Referaatopsommings