Evaluering van opbrengsverwante eienskappe in groente-soja onderworpe aan geïnduseerde droogtestremming

Evaluation of yield-related traits in vegetable-type soybean exposed to induced drought stress

  • R D Coertzen Universiteit van die Vrystaat
  • A van Biljon Universiteit van die Vrystaat
  • R van der Merwe Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Groente-soja, ook bekend as ‘edamame’ in Japannees, is in 2009 amptelik in Suid-Afrika bekendgestel in ‘n poging om ‘n alternatiewe hoëproteïen-voedselbron vir die arm bevolking te bied, wanvoeding te bekamp en vir opkomende boere ‘n inkomste te genereer. Hierdie gewas is egter nie aangepas by die Suid-Afrikaanse klimaat nie en dus word baie laer opbrengste in vergelyking met oosterse lande behaal. Suid-Afrika word beskou as ‘n halfdroë-land wat gebuk gaan onder droër periodes wat tot sojaboon-graanoesverliese van tot 80% kan lei. Ten einde hoër opbrengste te behaal, is daar ‘n behoefte om kultivars te identifiseer wat meer droogteverdraagsaam is en dan te bepaal watter meganismes hierdie kultivars gebruik om opbrengsverlies te beperk.

Author Biographies

R D Coertzen, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

A van Biljon, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

R van der Merwe, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Coertzen, R., van Biljon, A., & van der Merwe, R. (2023). Evaluering van opbrengsverwante eienskappe in groente-soja onderworpe aan geïnduseerde droogtestremming. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 116. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/940
Section
Referaatopsommings