‘n Ondersteunende stelsel vir die toets van konsensus-algoritmes

A support system for the test of consensus algorithms

  • J D P Bothma Universiteit van die Vrystaat
  • W Nel Universiteit van die Vrystaat
  • R C Fouché Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Bitcoin is ’n populêre digitale geldeenheid met ’n markaandeel van ongeveer 40% en ’n markkapitalisasie van R5.4 biljoen gemeet in November 2022 (CoinMarketCap, 2022). Bitcoin rus op drie pilare: die blokskakeldatastruktuur, ’n eweknienetwerk (‘P2P’) en die Bewys-van-Werk- (BvW) konsensusalgoritme. Hierdie konsensusalgoritme het egter aansienlike tekortkominge waarvan hoë energieverbruik slegs een is. Die wye reeks moontlike toepassings van die onderliggende tegnologie van Bitcoin dryf konstante navorsing en ontwikkeling van nuwe, beter algoritmes (Ferdous et al. 2020). In die ontwikkeling van nuwe konsensusalgoritmes moet die hipotese dat ’n nuwe algoritme meer effektief as ’n bestaande een is, getoets word. Die Bitcoin-blokskakel met die BvW-algoritme is geskik as maatstaf as gevolg van sy populariteit en bestaande gebruik as maatstaf vir ander algoritmes.

Author Biographies

J D P Bothma, Universiteit van die Vrystaat

Departement Rekenaarwetenskap en Informatika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

W Nel, Universiteit van die Vrystaat

Departement Rekenaarwetenskap en Informatika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

R C Fouché, Universiteit van die Vrystaat

Departement Rekenaarwetenskap en Informatika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Bothma, J., Nel, W., & Fouché, R. (2023). ‘n Ondersteunende stelsel vir die toets van konsensus-algoritmes. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 115. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/939
Section
Referaatopsommings