Strukturelevergelyking-model om die kritieke veranderlikes wat verband hou met die aanvaarding van slimkaarttegnologie in Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsorg te ontleed

Structural equations model to analyse the critical variables related to smart card technology adoption in South African public healthcare

  • L Malungana University of South Africa
  • L Motsi Universiteit van Suid-Afrika
Keywords: Aanvaarding, openbare gesondheidsorg, gesondheidsorgberoepslui, slimkaarttegnologie, hospitale

Abstract

Implementering van gesondheidsorginligtingstelsels is een van vele tegnologiese verbeterings in openbare gesondheidsorg. In hierdie studie word die belangrike faktore wat verband hou met die aanvaarding van slimkaarttegnologie (SKT) in openbare gesondheidsorg ontleed. Die studie het strukturelevergelyking modellering (SVM) gebruik om modelleringsmetodes en die verskeidenheid potensiële toepassings in die veld van gesondheidsorg te beraam. Hierdie studie het ten doel gehad om ‘n model van strukturele vergelykings te ontwikkel wat die kritieke suksesfaktore opsom wat met die aanvaarding van slimkaarttegnologie in Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsorg verband hou. Die studie het begin deur die literatuur waarvan ’n oorsig gedoen is aan te bied en te demonstreer watter daarvan gebaseer was op veranderlikes wat uit die vasgestelde onderliggende idees geneem is. Die vraelyste is aan gesondheidsorgberoepslui by die Steve Biko- Akademiese Hospitaal, Kalafong- Tersiêre Hospitaal en die Pretoria-Wes- en die Tshwane-distrikshospitaal versprei. Volgens die voorgestelde model sluit kritieke faktore gedragsvoorneme, stelselgebruik, inligtingskwaliteit, dienskwaliteit, kommunikasie, versoenbaarheid en beproefbaarheid in. Inspanningsverwagting, sosiale invloed, fasiliterende toestande, gebruikershouding en gebruikerstevredenheid is egter nie deur die studie ondersteun nie. Bevestigende faktoranalise is geskep deur die metings wat ingesamel is as die resultate te gebruik. Die uitkomste het die noodsaaklike rol van gesondheidsorgberoepslui in hospitale ondersteun ten einde SKT ten volle te implementeer. Dit sal aan pasiënte die geleentheid bied om toegang tot beter gesondheidsorgdienste te verkry. Op grond van die inligting wat uit steekproewe versamel is, het die studie die aanname gemaak dat die bevindinge in ‘n verskeidenheid velde bevestig kan word, waaronder ook velde buite gesondheidsorg. Hierdie studie sal bydra tot die aanvaarding van slimkaarttegnologie in die Suid-Afrikaanse openbaregesondheidsorg-konteks deur gebruik te maak van die bevindinge van strukturelevergelyking-modellering.

Author Biographies

L Malungana, University of South Africa

Kollege vir Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie, Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika

L Motsi, Universiteit van Suid-Afrika

Kollege vir Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie, Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika

Published
2023-05-23
How to Cite
Malungana, L., & Motsi, L. (2023). Strukturelevergelyking-model om die kritieke veranderlikes wat verband hou met die aanvaarding van slimkaarttegnologie in Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsorg te ontleed. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 16-23. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/934
Section
Oorspronklike Navorsing