Simulasie van spanningsvermindering en kruiprespons by P92-stoompype onder verskillende ladingstoestande

Stress relaxation and creep response simulation of P92 steam piping under different loading conditions

  • S Salifu Tshwane-Universiteit van Tegnologie
  • D Desai Tshwane-Universiteit van Tegnologie
  • S Kok Universiteit van Pretoria
  • O Ogunbiyi Tshwane-Universiteit van Tegnologie
  • A Oketola Tshwane-Universiteit van Tegnologie
  • I Cipriano Tshwane-Universiteit van Tegnologie
Keywords: stoompype, kruipvervorming, spanningsvermindering, kruipskade, nutsduur

Abstract

In ‘n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Dit is bekend dat die verskillende daaglikse ladingstoestande/-siklusse ’n beduidende impak op die kruipgedrag en die patroon van spanningsvermindering in die stoompype het. Gevolglik is die kruiprespons en spanningsvermindering van P92-stoompype wat aan verskillende ladingstoestande onderwerp is, gesimuleer deur in hierdie studie van ’n eindige-elementtegniek (EE-tegniek) gebruik te maak. Abaqus CAE/2020 is gebruik om die kruipgedrag en spanningsvermindering van die pype te raam, terwyl fe-safe/Turbolife in die berekening van die kruipskade en nutsduur van die pype gebruik is. Deur die verskillende bedryfstoestande te vergelyk, is vinniger spanningsvermindering en hoër kruipvervorming waargeneem in die pype wat aan ’n bestendige toestand onderwerp is in verhouding tot die ontledings wat sikliese ladings omvat het. Die pype se kruipnutsduur wanneer dit aan sikliese lading onderwerp word, is korter as wat verkry word uit analises wanneer dit aan ’n bestendige toestand onderwerp word. Dus verminder enige vorm van sikliese lading van stoompype kruipnutsduur aansienlik.

Author Biographies

S Salifu, Tshwane-Universiteit van Tegnologie

Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

D Desai, Tshwane-Universiteit van Tegnologie

Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

S Kok, Universiteit van Pretoria

Departement Meganiese en Lugvaartkunde-ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

O Ogunbiyi, Tshwane-Universiteit van Tegnologie

Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

A Oketola, Tshwane-Universiteit van Tegnologie

Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

I Cipriano, Tshwane-Universiteit van Tegnologie

Departement Bedryfsingenieurswese, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Published
2022-10-26
How to Cite
Salifu, S., Desai, D., Kok, S., Ogunbiyi, O., Oketola, A., & Cipriano, I. (2022). Simulasie van spanningsvermindering en kruiprespons by P92-stoompype onder verskillende ladingstoestande. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 64-74. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/927
Section
Oorspronklike Navorsing