Bepaling van grondwaterpotensiaal deur gebruik te maak van Geografiese Inligtingstelsels en afstandwaarnemingstegnieke in Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit, Noordwesprovinsie, Suid-Afrika

  • M O Ndou Tshwane University of Technology
  • J M Ndambuki Tshwane University of Technology
  • J T Mgidi Tshwane University of Technology
Keywords: grondwater, GIS, afstandswaarneming, AHP

Abstract

Die volhoubare voorsiening van water in voldoende hoeveelhede is fundamenteel vir die ekonomiese groei van enige land. In Suid-Afrika vereis die bedryf van al die groot ekonomiese sektore beduidende hoeveelhede water. Suid-Afrika ervaar egter steeds watertekorte, wat vererger word deur ’n lae gemiddelde jaarlikse neerslag wat laer as die wêreld se jaarlikse gemiddelde is. Grondwater bied ’n geleentheid om wateruitdagings te verlig, maar die volhoubaarheid daarvan word belemmer deur ontoereikende grondwaterhulpbronbeplanning en -bestuur. In hierdie studie is Geografiese Inligtingstelsels en afstandswaarnemingstegnieke gebruik om grondwaterpotensiaalsones in die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit in Suid-Afrika af te baken. Sewe temas van afstandswaargeneemde parameters wat die beskikbaarheid van grondwater beïnvloed, is ontwikkel en gewigte is daaraan toegewys deur gebruik te maak van die analitiese hiërargieproses (AHP) voordat oorlegging daarvan in ArcGIS 10.3.1-sagteware gedoen is om sones van grondwaterpotensiaal te skep. Die finale grondwaterpotensiaalkaart is geproduseer deur gebruik te maak van die geweegd oorleggingsontleding. Vyf grondwaterpotensiaalsones is geproduseer, naamlik baie laag, laag, matig, hoog en baie hoog. Die oppervlakte wat deur hierdie sones gedek is, beslaan onderskeidelik 1 291,6 km2, 1 228 km2, 1 081 km2, 853,04 km2 en 1 235,05 km2. Die grondwaterpotensiaalkaart wat geproduseer is, is geverifieer deur gebruik te maak van boorgatvloeitempo’s wat in die veld bepaal is. Die voorspellingsakkuraatheid van  die kaart was ongeveer 70%. Die resultate kan vir verdere grondwatereksplorasie in die studiegebied gebruik word en kan ’n basis vorm vir kostedoeltreffende grondwaterhulpbronbeplanning en -bestuur. Die studie moet op ’n breër skaal beproef word om waterhulpbronbeplanners te help om volhoubare grondwaterstrategieë vir semi-ariede streke te ontwikkel.

Author Biographies

M O Ndou, Tshwane University of Technology

Departement Siviele Ingenieurswese, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

J M Ndambuki, Tshwane University of Technology

Departement Siviele Ingenieurswese, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

J T Mgidi, Tshwane University of Technology

Departement Geomatika, Tshwane-Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Published
2022-07-05
How to Cite
Ndou, M., Ndambuki, J., & Mgidi, J. (2022). Bepaling van grondwaterpotensiaal deur gebruik te maak van Geografiese Inligtingstelsels en afstandwaarnemingstegnieke in Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit, Noordwesprovinsie, Suid-Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 33-46. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/866
Section
Oorspronklike Navorsing