Gemiddelde Prestasie en Genetiese Veranderlikheid van Enkelkruisingmielies

Mean performance and genetic variability of maize single crosses

  • A A Tefera Ethiopiese Instituut vir Landbounavorsing
Keywords: genetiese vooruitgang, genetiese veranderlikheid, mielies, enkelkruising, veranderlikheid

Abstract

Mielies is een van die hoëprioriteitgewasse om die steeds groeiende bevolking in Afrika te voed, maar die produksie daarvan word beperk deur ‘n tekort aan hoëopbrengsvariëteite tesame met biotiese en abiotiese stremming. Hierdie studie is begin om gemiddelde prestasie te evalueer, genetiese veranderlikheid te beraam, en oorerflikheid en genetiese vooruitgang vir enkelkruisingmielies te beraam. Vyftig inskrywings bestaande uit 48 F1-enkelkruisings gemaak van 24 ingeteelde lyne en 2 toetsers wat lyn x toetser-ontwerp gebruik asook 2 kommersiële kontrolebasters is in die studie gebruik. Die eksperiment is met behulp van alfa-roosterontwerp met twee herhalings by Ambo en Holeta-Landbounavorsingsentrum uitgevoer. Variansieanalise het die bestaan van beduidende genetiese veranderlikheid tussen genotipes vir alle bestudeerde eienskappe aan die lig gebring, behalwe vir plantaspek (PA). Ligging x inskrywingsinteraksie vir die meeste van die eienskappe was nie beduidend nie, wat daarop dui dat basterprestasie konsekwent was oor getoetste liggings heen. Kruisings L23 x T1 en L11 x T1 was die bes presterende genotipes vir graanopbrengs en sommige opbrengsverwante eienskappe. Volgens die ontleding van genetiese veranderlikheid het kophoogte matige GCV-waardes (Engelse afkorting vir genotypic coefficient of variation, oftewel genotipiese variasiekoëffisiënt) (10,71%) en PCV-waardes (Engelse afkorting vir phenotypic coefficient of variation oftewel fenotipiese variasiekoëffisiënt) (11,24%) getoon, terwyl graanopbrengs, koppe per plant en kopaspek medium PCV aan die lig gebring het. Matige tot medium waardes van PCV en GCV het op die bestaan van veranderlikheid vir sulke eienskappe gedui. Vir effektiewe seleksie moet die omvang van oorerflikheid en genetiese vooruitgang egter bekend wees. Gevolglik  het planthoogte en kophoogte hoë oorerflikheid en genetiese vooruitgang geopenbaar en dus kan seleksie  effektief wees vir hierdie eienskappe. Ten slotte, die genetiese veranderlikheid tussen kruisings kan gebruik word in die ontwikkeling van ingeteelde lyne deur middel van seleksie en die kruisings met beter prestasie kan  as enkelkruisingvariëteit of ouers vir sintetiese variëteit gebruik word.

Author Biography

A A Tefera, Ethiopiese Instituut vir Landbounavorsing

Departement Gewasnavorsing, Holetta-Landbounavorsingsentrum, Ethiopiese Instituut vir Landbounavorsing, Ethiopië

Published
2022-03-29
How to Cite
Tefera, A. (2022). Gemiddelde Prestasie en Genetiese Veranderlikheid van Enkelkruisingmielies. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 12-21. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/864
Section
Oorspronklike Navorsing