’n Bestekopname van slimhuistegnologie vir sekuriteitsdoeleindes in Suid-Afrika

An overview of smart-home technology for security purposes in South Africa

  • Burgert A Senekal Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Amazon Alexa, Amazon Echo, Apple Homekit, Apple Siri, Google Assistant, Google Nest, kunsmatige intelligensie, slimhuise, huisoutomatisering

Abstract

Alhoewel slimhuistegnologie sedert die 1970’s bekend is, het dit onlangs in gewildheid toegeneem namate die tegnologie goedkoper en meer gebruikersvriendelik geword het. Digitale assistente, byvoorbeeld Amazon Alexa, Google Assistant en Apple Siri, is ook onlangs by hierdie sisteme geïntegreer, wat verdere toepassingsmoontlikhede geskep het. Die huidige studie ondersoek die potensiaal van hedendaagse slimhuistegnologie om mense se veiligheid te verbeter. Beheerstelsels soos Amazon Echo, Google Nest en Apple Homekit word bespreek, tesame met toegewyde slimhuis-sekuriteitstelsels soos Ajax en Hikvision AX PRO. Radioprotokolle en sommige sensors word ook ondersoek, met ’n spesifieke klem op hulle vermoëns en gebreke. Laastens word ’n aanbeveling gemaak en ’n voorbeeld van ’n toepassing vir veiligheidsdoeleindes word in Apple se Homekit met behulp van Apple se Shortcuts saamgestel.

Author Biography

Burgert A Senekal, Universiteit van die Vrystaat

Departement Rekenaarwetenskap en Informatika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2021-11-25
How to Cite
Senekal, B. (2021). ’n Bestekopname van slimhuistegnologie vir sekuriteitsdoeleindes in Suid-Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 149-161. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/856
Section
Articles