Oplosmiddelvrye-transformasie van bensielalkohol na bensaldehied oor koper- en sink-gemodifiseerde fosfomolibdeensuur-katalisators by kamertemperatuur

Solvent free transformation of benzyl alcohol to benzaldehyde over copper and zinc modified phosphomolybdic acid catalysts at room temperature

  • Jhansi Pedada Universiteit van KwaZulu-Natal
  • Holger B Friedrich Universiteit van KwaZulu-Natal
  • Sooboo Singh Universiteit van KwaZulu-Natal https://orcid.org/0000-0001-5765-1013
Keywords: PMA, PTA, bensielalkohol, bensaldehied, TBHP

Abstract

Koper- en sinkuitgeruilde heteropolisuurkatalisators is gesintetiseer en gekarakteriseer deur verskeie tegnieke soos X-straaldiffraksie (XSD), infrarooispektroskopie (IR), piridiengeadsorbeerde infrarooispektroskopie, BET oppervlakanalise, 31P KMR-spektroskopie en Induktief Gekoppelde Plasma Optiese Emissiespektroskopie (IGP-OES) om die fisieschemiese eienskappe daarvan te ondersoek. Poeier-X-straaldiffraktogramme het getoon dat kristalliete van die Keggin-ioon van die heteropolisuur teenwoordig was en dat dit behoue gebly het na metaalmodifikasie. Piridien-geadsorbeerde infrarooispektroskopie het aangedui dat die Brønsted/Lewis suurplekverhouding toegeneem het in die metaaluitgeruilde fosfomolibdeensuur-katalisators, terwyl daar ’n afname was in hierdie verhouding vir die gemodifiseerde fosfowolframsuurkatalisators. 31P NMR-spektra het getoon dat die metaal suksesvol met protone uitgeruil is en nie geïnkorporeer is in die primêre struktuur van heteropolisuurkatalisator nie; dus is die Keggin-ioon behou. In die oksidasie van bensielalkohol deur metaaluitgeruilde katalisators, het die Zn-uitgeruilde fosfomolibdeensuur-katalisators hoër oksidasie-aktiwiteit getoon wat goed gekorreleer het met die suurheid van die katalisators.

Author Biographies

Jhansi Pedada, Universiteit van KwaZulu-Natal

Skool vir Chemie en Fisika, Universiteit van KwaZulu-Natal, Durban, Suid-Afrika

Holger B Friedrich, Universiteit van KwaZulu-Natal

Skool vir Chemie en Fisika, Universiteit van KwaZulu-Natal, Durban, Suid-Afrika

Sooboo Singh, Universiteit van KwaZulu-Natal

Skool vir Chemie en Fisika, Universiteit van KwaZulu-Natal, Durban, Suid-Afrika

Published
2021-07-06
How to Cite
Pedada, J., Friedrich, H., & Singh, S. (2021). Oplosmiddelvrye-transformasie van bensielalkohol na bensaldehied oor koper- en sink-gemodifiseerde fosfomolibdeensuur-katalisators by kamertemperatuur. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 31-36. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/842
Section
Articles