Search this journal:     Advanced search
Navorsing- en Oorsigartikels

Die invloed van gesondheidsopvoeding op die prevalensie van skistosoombesmettings by leerders in ’n skistosoom- endemiese gebied in die Limpopoprovinsie

Corrie Wolmarans, Kenné de Kock

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 27, No 2 (2008), 88-101. doi: 10.4102/satnt.v27i2.84

Submitted: 16 September 2008
Published:  16 September 2008

Abstract

In hierdie studie is geselekteerde direkte en indirekte onderrigmetodes geëvalueer ten opsigte vanhulle potensiaal om die prevalensie van skistosoombesmettings by skoolgaande kinders, woonagtigin ’n landelike omgewing in ’n skistosoom-endemiese gebied, te verlaag. Twee direkte (poppekas enblaaibord) en drie indirekte (plakkaat, kennisgewingbord en onderrig via ouers of voogde)onderrigmetodes is geëvalueer.Skistosoombesmette leerders is met behulp van parasitologiese metodes geïdentifiseer en aan ’nvraelys in hul moerdertaal onderwerp om onder andere op hoogte van hulle kennis ten opsigte vanskistosomose te kom en te bepaal hoe die infrastruktuur tot hulle beskikking wat water en sanitasiebetref, daar uitsien. Leerders is met behulp van plaaslike gesondheidspersoneel vir die siekte behandelen daarna op verskeie geleenthede in samewerking met plaaslike onderwysers aan die verskillendeonderrigmetodes blootgestel.’n Aansienlike toename in die leerders se kennis aangaande skistosomose is reeds na die tweedeonderrigsessie waargeneem. Ten spyte van die feit dat die leerders in ’n skistosoom-endemiesegebied woonagtig was, het slegs 2% die siekte met ’n natuurlike waterhabitat soos ’n rivier geassosieer.Daar is verder gevind dat relevante amptelike strukture soos klinieke, geneeshere en skole byna geenrol speel in die verskaffing van inligting van wat die siekte behels en hoe dit oorgedra word nie.Betekenisvolle afnames in die kumulatiewe prevalensie van besmetting het by al die groepe, wat aandie onderskeie onderrigmetodes blootgestel was gedurende die ondersoek, voorgekom, wanneer ditmet die kontrolewaarde waar die leerders geen onderrig ontvang het nie, vergelyk is. Statistiesevergelykings tussen die verskillende onderrigmetodes het getoon dat die poppekas, blaaibord enplakkaat die effektiefste was om die prevalensie te verlaag, terwyl die gebruik van ouers of voogdedie minste effektief was. Alhoewel die kumulatiewe prevalensie van besmetting by laasgenoemde metode ook betekenisvol van die kontrolegroep verskil het, was bykans 50% van die “leerkragte” naeen jaar nie meer betrokke nie en wil dit voorkom asof bemagtiging van plaaslike inwoners omskistosomose te help bekamp, soos in hierdie studie gepoog is, nie veel potensiaal inhou nie.

Abstract

The influence of health education on the prevalence of schist some infected learners in aschistosome endemic area in the Limpopo Province

During this study selected direct and indirect educational methods were evaluated as a means of decreasing the prevalence of schist some infections in school children living in a schistosomeendemic area. Two direct (puppet show and flip chart) and three indirect (notice board, poster and education via parents or guardians) educational methods were evaluated. Schist some infected learners were identified by means of parasitological methods, their knowledge concerningschistosomiasis was tested in a questionnaire and information regarding water and sanitation facilities at their disposal was collected. Local health authorities facilitated treatment for this disease, while local teachers were involved in conveying the various educational programmes. Anoticeable increase in the learner’s knowledge regarding schistosomiasis was evident after only two educational opportunities, while a significant decrease in the cumulative prevalence of infection was recorded during the investigation among all the groups receiving education. Statistical analyses revealed that the puppet show, flipchart and poster were the most effective methods used to lower the prevalence of infection, while involving parents or guardians in the process proved to be the least effective method employed during the study.

 


Full Text:  |  PDF (276KB)

Author affiliations

Corrie Wolmarans, Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling, Vakgroep Dierkunde, Noordwes-Universiteit , Potchefstroomkampus, Potchefstroom, South Africa
Kenné de Kock, Eenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus, Potchefstroom

Metrics

Total abstract views: 152
Total article views: 357

Cited-By

No related citations found

Comments on this article

Before posting your comment, please read our policy.
Post a Comment (Login required)


ISSN: 0254-3486 (print) | ISSN: 2222-4173 (online)Follow us on:

All articles published in this journal are licensed under the Creative Commons Attribution License.

©2013 AOSIS (Pty) Ltd. All Rights Reserved. No Unauthorised Duplication Allowed.

AOSIS OpenJournals | Perfecting Scholarship Online
Private Bag X22, Postnet Suite #55, Tygervalley, South Africa, 7536
Tel: 086 1000 381
Tel: +27 21 975 2602
Fax: 086 5004 974

Please read the privacy statement.