Die effek van die ontvang van selfoonboodskappe op speekselkortisolvlakke in voorgraadse Fisiologiestudente

The effect of receiving mobile text messages on salivary cortisol levels in undergraduate Physiology students

  • Francois P Venter Universiteit van die Vrystaat
  • A M Gerber Universiteit van die Vrystaat
  • P C Vorster-De Wet Universiteit van die Vrystaat
Keywords: effek, ontvang, selfoonboodskappe, speekselkortisolvlakke, voorgraadse Fisiologiestudente

Abstract

Navorsing toon dat bykans alle studente ’n selfoon besit. Uit selfone se talle funksies, het hierdie studie een van die oudste en eenvoudigste funksies ondersoek, naamlik teksboodskappe (texting), wat deur die meeste selfooneienaars gebruik word. Teksboodskappe is ’n kommunikasiemetode wat toelaat dat kort teksboodskappe tussen selfone gestuur en ontvang kan word. Suid-Afrika is die land met die meeste slimfoongebruikers in Afrika en die aktiwiteit waaraan die meeste tyd op ’n selfoon bestee word, is om teksboodskappe te stuur. Baie navorsers rapporteer oor die uitwerking wat teksboodskappe op aandag, akademiese prestasie, die onthou van akademiese werk en akademiese afl eibaarheid het, om enkeles te noem. Alhoewel daar reeds bepaal is dat teksboodskappe verskeie fi siologiese stelsels negatief kan beïnvloed, kan teksboodskappe as hulpbron met groot sukses in studies oor gesondheidsingrypings en in ander navorsingsvelde gebruik word.

Author Biographies

Francois P Venter, Universiteit van die Vrystaat

Departement Basiese Mediese Wetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid Afrika

A M Gerber, Universiteit van die Vrystaat

Departement Basiese Mediese Wetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid Afrika

P C Vorster-De Wet, Universiteit van die Vrystaat

Departement Basiese Mediese Wetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid Afrika

Published
2021-02-23
How to Cite
Venter, F., Gerber, A., & Vorster-De Wet, P. (2021). Die effek van die ontvang van selfoonboodskappe op speekselkortisolvlakke in voorgraadse Fisiologiestudente. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 138. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/835
Section
Referaatopsommings