SO2-oksidasiemeganisme op ’n Pt-oppervlak: ’n Digtheidsfunksionaalondersoek

SO2-oxidation mechanism on a Pt surface: A density functional investigation

  • Theunis Nel Noordwes-Universiteit
  • C G C E van Sittert Noordwes-Universiteit
  • M J Ungerer Noordwes-Universiteit
Keywords: SO2-oksidasiemeganisme, Pt-oppervlak, digtheidsfunksionaalondersoek

Abstract

Die druk op natuurlike hulpbronne word aansienlik verhoog deur die wêreld se toenemende energiebehoeftes. Natuurlike hulpbronne soos fossielbrandstowwe is beperk en dit dra verder tot lugbesoedeling by. Dit noodsaak die omskakeling na alternatiewe en omgewingsvriendelike energiebronne, soos byvoorbeeld waterstof. Waterstof kan onder andere met behulp van die hibriedswawelsiklus (HS-siklus) vervaardig word. Tydens die HS-siklus word swawelsuur (H2SO4) termies na water (H2O) en swaweldioksied (SO2) omgeskakel. Die SO2 en H2O reageer elektrolities op ’n Pt-anode om waterstofgas (H2) en H2SO4 te vorm (Kriek et al., 2013).

Author Biographies

Theunis Nel, Noordwes-Universiteit

Laboratorium vir Toegepaste Molekuulmodellering, Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

C G C E van Sittert, Noordwes-Universiteit

Laboratorium vir Toegepaste Molekuulmodellering, Navorsingsfokusarea: Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

M J Ungerer, Noordwes-Universiteit

Laboratorium vir Toegepaste Molekuulmodellering, Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Published
2021-02-23
Section
Referaatopsommings