Benadeel konvensionele grondbewerkingspraktyke die biodiversiteit in wingerdgronde?

Do conventional soil management practices harm biodiversity in vineyard soils?

Keywords: konvensionele grondbewerkingspraktyke, biodiversiteit, mesofauna, wingerdgrond

Abstract

Die invloed van konvensionele en organiese grondbewerkingspraktyke op die getalle, diversiteit en aktiwiteit van grondlewende mesofauna in wingerdgrond is in hierdie kwantatiewe veldstudie gedurende verskeie seisoene ondersoek. Grondmonsters is oor verskeie seisoene in organies en konvensioneel-bewerkte persele sowel as in ’n kontroleperseel geneem. Organismes is ge-ekstraheer om die mesofauna (meestal Collembola en Acari) te tel en te identifiseer. Die voedingsaktiwiteit van die mesofauna in die grond is ook met die aaslamina metode bepaal en strooiselsakkies is begrawe om organiese afbraak deur organismes oor tyd te meet. Geen statistiesbeduidende verskille in getalledigtheid, diversiteit en aktiwiteit van die mesofauna is tussen die organies- en die konvensioneel-bewerkte grond gevind nie. Ons gestelde hipotese kon nie aanvaar word dat die konvensionele praktyk, soos hier be-oefen, nadeliger was as die organiese bewerking nie. Die aktiwiteit van die mesofauna was beduidend hoër in die twee bewerkte persele as in die onbewerkte, natuurlike kontroleperseel. Die afleiding is dat die toestande wat in die twee bewerkte persele geskep is, gunstig was vir die mesofauna.

Author Biographies

Adriaan J Reinecke, Universiteit van Stellenbosch

Departement Plant- en Dierkunde, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Sophié A Reinecke, Universiteit van Stellenbosch

Departement Plant- en Dierkunde, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2021-08-19
How to Cite
Reinecke, A., & Reinecke, S. (2021). Benadeel konvensionele grondbewerkingspraktyke die biodiversiteit in wingerdgronde?. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 75-84. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/823
Section
Articles