Acidobacteria: ’n Bakteriële groep van belang in die Suid-Afrikaanse fynbosbioom

Acidobacteria: A bacterial group of interest in the South African fynbos biome

  • Tersia A Conradie Universiteit Stellenbosch
  • K Jacobs Universiteit Stellenbosch
Keywords: Acidobacteria, bakteriële groep, Suid-Afrikaanse fynbosbioom

Abstract

Aan die begin van die 21ste eeu het die toepassing van molekulêre tegnieke ‘n nuwe en opwindende wêreld vir wetenskaplikes oopgemaak. Hierdie tegnieke het gelei tot die ontdekking van groot hoeveelhede onbekende mikroörganismes regoor die wêreld wat aan die filum Acidobacteria behoort. Hierdie groep het in 1997 filumstatus ontvang met slegs drie gekweekte verteenwoordigers en vier hoofsubgroepe waarvan elke subgroep ooreenstem met ’n klas. Hierdie filum is vernoem na die eerste gekweekte verteenwoordiger, Acidobacterium capsulatum. Sedertdien het die aantal subgroepe toegeneem na 26 met ongeveer 60 gekweekte verteenwoordigers. Hierdie groep bakterieë kom algemeen in die grond voor, maar kan ook gevind word in varswatersediment, warmwaterbronne, suurmynmere en vele ander habitatte. Die Acidobacteria kom veral voor in grond met ‘n lae pH en lae voedingstoflading. Daarom is die fynbosbioom van Suid-Afrika die ideale habitat vir Acidobacteria.

Author Biographies

Tersia A Conradie, Universiteit Stellenbosch

Departement Mikrobiologie, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

K Jacobs, Universiteit Stellenbosch

Departement Mikrobiologie, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2021-02-19
How to Cite
Conradie, T., & Jacobs, K. (2021). Acidobacteria: ’n Bakteriële groep van belang in die Suid-Afrikaanse fynbosbioom. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 118. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/811
Section
Referaatopsommings