Goue jubileum van metrisering: 50 jaar sedert die jaart

Golden jubilee of metrication: 50 years since the yard

Keywords: imperiale mates, metrieke stelsel, metrisering, Suid-Afrika

Abstract

Die Republiek van Suid-Afrika het op 1 April 1971 begin met die praktiese implementering van die omskakelingsproses vir die gebruik van die metrieke stelsel van volume, mates, massaeenhede, temperatuur en so meer. Met die aanvaarding van metrieke afstandmates en spoedmeting op 1 April 1971 is ‘n omskakelingstydperk van enkele jare ingelei. Die belangrike stap om afstand en spoed te metriseer het nie slegs Suid-Afrika op die pad na volle metrisering geplaas nie, maar het ook die proses baie sigbaar vir die publiek gemaak.

Metrisering het die imperiale stelsel, wat voorheen in gebruik was, vervang. Mates soos jaart (tree) en voet is met meter en sentimeter vervang. Vir volume is liter, eerder as gelling en pint, in gebruik geneem en kilogram en gram, eerder as pond en ons, is as massaeenhede aanvaar. Celsius, eerder as Fahrenheit, is vir temperatuurmeting aanvaar. Die komma is ook aanvaar om desimale waardes aan te dui, teenoor die punt wat voorheen gebruik is. Die voordele van metrieke mates is die desimale grondslag waarop dit gegrond is en die standaardisering van eenhede wat internasionale handel bevorder.

Hierdie artikel toon dat Suid-Afrika suksesvol was in die volledige afhandeling van metrisering, teenoor sekere ander lande wat die proses aangepak het maar tot dusver nooit volledig voltooi het nie, of selfs nie aangepak het nie. Hierdie artikel toon dat volledige afhandeling van metrisering die korrekte strategie is, soos in Suid Afrika die geval was.

Author Biographies

Cobus Vermeulen, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Ekonomie, Universiteit van Suid-Afrika, Posbus 392, Unisa, 0003, Suid-Afrika

Jannie Rossouw, Universiteit van die Witwatersrand

Wits Besigheidskool, Universiteit van die Witwatersrand, Posbus 98, Wits, Johannesburg, 2050, Suid-Afrika

Published
2021-05-31
How to Cite
Vermeulen, C., & Rossouw, J. (2021). Goue jubileum van metrisering: 50 jaar sedert die jaart. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 12-19. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/805
Section
Articles