Bepalers van watersekuriteit vir landelike huishoudings: Empiriese bewyse uit die Melanien Hamburg-gemeenskappe, Oos-Kaap, Suid-Afrika

Determinants of water security for rural households: Empirical evidence from Melani and Hamburg communities, Eastern Cape, South Africa

Keywords: watersekuriteit, waterarmoede-indeks, Hamburg-gemeenskap, Melani-gemeenskap

Abstract

Skoon en veilige water om te drink is noodsaaklik vir die mens se welstand. Die meeste mense in landelike gebiede het egter steeds nie toegang tot skoon en veilige water nie. Hierdie studie het die bepalers van die watersekuriteitsstatus vir landelike huishoudings uit die Melani-binnelandse en Hamburgse kusgemeenskappe in die Oos-Kaap Provinsie, Suid-Afrika, beraam. Die Waterarmoede Indeks (WPI) is gebruik om die watersekuriteitsstatus van huishoudings in die twee gemeenskappe te bereken, terwyl die Tobitregressiemodel gebruik is om die belangrikste faktore wat die huishoudelike watersekuriteitsstatus beïnvloed, te ondersoek. Die bevindings toon dat watersekuriteit in die studiegebiede verskraald is, hoofsaaklik as gevolg van die onbeskikbaarheid van waterbronne en die tyd wat daar geneem word om water in te samel. Die Tobit-regressie resultate het aan die lig gebring dat faktore soos die betaling vir water, die tipe toilet wat gebruik word, en die tyd wat spandeer word om water in te samel, huishoudings se watersekuriteit in die studiegebiede bepaal. Daarom beveel die artikel beleid aan wat die volgende verbeter: die bekostigbaarheid van water, toegang tot spoeltoilette wat nie met water werk nie, en om te verseker dat kraanwater op korter afstande beskikbaar is.

Author Biographies

Thulani Ningi, Universiteit van Fort Hare

Departement van Landbou-Ekonomie en -Voorligting, Universiteit van Fort Hare, Suid-Afrika

Amon Taruvinga, Universiteit van Fort Hare

Departement van Landbou-Ekonomie en -Voorligting, Universiteit van Fort Hare, Suid-Afrika

Leocadia Zhou, Universiteit van Fort Hare

Wetenskaplike Sentrum vir Risiko en Kwesbaarheid, Universiteit van Fort Hare, Suid-Afrika

Saul Ngarava, Universiteit van Fort Hare

Wetenskaplike Sentrum vir Risiko en Kwesbaarheid, Universiteit van Fort Hare, Suid-Afrika

Published
2021-07-27
How to Cite
Ningi, T., Taruvinga, A., Zhou, L., & Ngarava, S. (2021). Bepalers van watersekuriteit vir landelike huishoudings: Empiriese bewyse uit die Melanien Hamburg-gemeenskappe, Oos-Kaap, Suid-Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 37-49. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/802
Section
Articles