Funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle vervoer van goedere per spoor ondersteun

Functional aspects of rail transport terminals that support the successful transportation of freight by rail

Keywords: funksionele aspekte, spoorvervoereindpunte, suksesvolle vervoer, goedere

Abstract

Hierdie artikel bied ’n oorsig van die funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle lewering van goederespoordienste kan ondersteun. Ten aanvang word die primêre en sekondêre funksies van goederevervoereindpunte in die algemeen bespreek, waarna spoorvervoereindpunte in die besonder bespreek word. Spoorvervoereindpunte bestaan uit verskeie werftipes wat elkeen ingerig is om sekere funksies te verrig of werksaamhede te hanteer. Die primêre en sekondêre funksies van al die werftipes word vermeld. Daarna word die funksies bespreek van die vier breë klasse goederespoorvervoereindpunte wat vandag aangetref word, naamlik (1) losmaat-, (2) grootmaat-, (3) opry-afry- en (4) intermodale eindpunte. Grootmaateindpunte word verder verdeel in ertseindpunte, eindpunte by die tenkwerwe van olieraffi naderye en chemiese aanlegte, en eindpunte by graansuiers. Die soorte treine, spoortrokke en hanteringstoerusting wat by elke eindpuntklas aangewend word en die goederesoorte wat by elkeen hanteer word, word vermeld.

Author Biography

Wessel J Pienaar, Universiteit Stellenbosch

Departement Bedryfsingenieurswese, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2020-04-03
How to Cite
Pienaar, W. (2020). Funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle vervoer van goedere per spoor ondersteun. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 32-39. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/745
Section
Articles