Poli- en isomorfisme in halogeengesubstitueerde 4-(fenielamino)pent-3-en-2-oon verbindings

Poli- and isomorphism in halogen-substituted 4-(phenylamino)pent-3-en-2-one compounds

  • Zanele G Morerwa Universiteit van die Vrystaat
  • Gertruida J S Venter Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Enaminoketoon, polimorfisme, isomorfisme

Abstract

’n Reeks halogeengesubstitueerde feniel-β-enaminoketonaat verbindings (N,Oskenkeratome) word voorgelê. Die invloed van halogeensubstitusie aan die fenielring op vastetoestand parameters is ondersoek. X-straal strukture van 4-(4-fluorofenielamino) pent-3-en-2-oon (4-F-PhonyH), 4-(4-chlorofenielamino)pent-3-en-2-oon (4-Cl-PhonyH), en 4-(4-bromofeniel-amino)pent-3-en-2-oon (4-Br-PhonyH) is gerapporteer. Alhoewel 4-F-PhonyH en die chloro- en bromo-eweknieë struktureel soortgelyk is, is daar daadwerklike verskille in terme van dihedriese hoeke en intermolekulêre interaksies. Al drie verbindinge vertoon polimorfisme in twee verskillende kristalstelsels, met 4-F-PhonyH wat in P21/c, beide 4-Cl-PhonyH en 4-Br-PhonyH in Cc, en al drie in P1̅  kristalliseer.

DOI: https://doi.org/10.36303/SATNT.2019.38.1.734

Author Biographies

Zanele G Morerwa, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Gertruida J S Venter, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2019-11-19
How to Cite
Morerwa, Z., & Venter, G. (2019). Poli- en isomorfisme in halogeengesubstitueerde 4-(fenielamino)pent-3-en-2-oon verbindings. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 38(1), 143-152. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/734
Section
Oorspronklike Navorsing