Die outomatiese oprigting van ’n kabelgesteunde V-vormige kragtoevoertoring: ’n Gevallestudie

Novel autonomous lifting of a guyed V-tower: A case study

  • Bertie Jacobs Tshwane Universiteit van Tegnologie
  • Dawood Desai Tshwane Universiteit van Tegnologie
  • Lukas du Plessis Universiteit van Pretoria
Keywords: Nutspale, kabelgesteunde V-toring, mobiele hyskrane, wen-as, lugkussings

Abstract

Die konstruksie van oorhoofse kraglyne, en veral dié wat as “ekstra hoë spanning” gekategoriseer word, is ’n duur besigheid. Met die oprigting van torings wat die geleiers ondersteun het mobiele hyskrane ’n dominante stuk toerusting geword. Alhoewel hierdie metode relatief vinnig is, kom dit teen ’n baie hoë prys. Daarom sal alternatiewe, goedkoper konstruksiemetodes verseker baie meer aantreklik lyk vir die kontrakteurs wie verantwoordelik dit is vir sodanige konstruksie. Hierdie artikel ondersoek alternatiewe opsies om oorhoofse kraglyntorings op te rig. Klem word gelê op die gebruik van nutspale (‘gin poles’) en wen-asse (‘winches’) vir die oprigting van die tipe 520B kabelgesteunde V-toring sodat mobiele hyskrane heeltemal uitgeskakel kan word. Die werk wat hier aangebied word, stel ook voor dat ’n lugkussing as ’n outomatiese metode gebruik kan word om die 520B kabelgesteunde V-torings op te lig.

Author Biographies

Bertie Jacobs, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement Meganiese & Outomatiserings Ingenieurswese, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Dawood Desai, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement Meganiese & Outomatiserings Ingenieurswese, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Lukas du Plessis, Universiteit van Pretoria

Departement Meganiese & Lugvaartkundige Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-11-25
How to Cite
Jacobs, B., Desai, D., & du Plessis, L. (2020). Die outomatiese oprigting van ’n kabelgesteunde V-vormige kragtoevoertoring: ’n Gevallestudie. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 108-115. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/732
Section
Articles