’n Hoëvlak-model vir die byvoeging van forensiese gereedheid tot mobiele toestelbestuur

A high-level model for providing forensic readiness to mobile device management

  • Elsabe Ros Universiteit van Pretoria
  • H S Venter Universiteit van Pretoria

Abstract

In die era voordat slimfone populêr geraak het, was dit taamlik maklik vir besighede om toegang tot hul netwerke, stelsels en inligting te beheer. Baie besighede het die waarde daarvan gesien om slimfone vir besigheidsdoeleindes te gebruik, maar vir besighede om ’n slimfoon aan elke werknemer te verskaf is nie altyd moontlik nie. Daarom het baie besighede besluit om werknemers toe te laat om hul eie slimfone te gebruik, wat bekend staan as “Bring your own device” (BYOD). Hierdie beleid hou egter risiko’s vir besighede in, omdat hierdie slimfone nie aan hulle behoort nie en ook nie deur hulle beheer word nie, maar deur eienaars van die toestelle. Een van die populêre oplossings vir hierdie probleem is ’n mobiele toestelbestuur (“Mobile device management”) stelsel. Mobiele toestelbestuurstelsels is egter slegs voorkomend, wat beteken dat wanneer ’n voorval plaasvind, die ondersoekers nie historiese data oor die gebruik van die slimfoon kan bekom nie.

Author Biographies

Elsabe Ros, Universiteit van Pretoria

Departement Rekenaarwetenskap, Universiteit van Pretoria

H S Venter, Universiteit van Pretoria

Departement Rekenaarwetenskap, Universiteit van Pretoria

Published
2019-07-18
How to Cite
Ros, E., & Venter, H. (2019). ’n Hoëvlak-model vir die byvoeging van forensiese gereedheid tot mobiele toestelbestuur. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 135. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/705
Section
Referaatopsommings