Die in-situ elektrochemiese opsporing van die neuromolekule, Epinefrien, met behulp van ’n funksionele nano-saamgestelde silwer-polimeer verrykende materiaal

The in-situ electrochemical detection of the neurotransmitter, Epinephrine, using a functional silver-polymer nanocomposite material

  • Raugme Brink Universiteit van Johannesburg
  • K Mallick Universiteit van Johannesburg

Abstract

Neuromolekules (NM) is chemiese boodskappers betrokke by talle funksies in die fi siologiese sisteem. Hierdie neurotransmissie-eenhede en hul boustene is noodsaaklik vir die werking van die sentrale senuweestelsel (Szymanska, Kusmierska & Demkow 2015). NM’s is ook belangrik vir metaboliese en fi siologiese prosesse in die liggaam. Verskeie siektes en versteurings stam vanaf hul chemiese wanbalans, met die ontwikkeling van spoedige en sensitiewe metodes vir die opsporing van hierdie bio-molekules van belang in kliniese en nie-kliniese toepassings (Lavanya & Sekar 2017).

Author Biographies

Raugme Brink, Universiteit van Johannesburg

Departement Chemie, Universiteit van Johannesburg

K Mallick, Universiteit van Johannesburg

Departement Chemie, Universiteit van Johannesburg

Published
2019-07-17
How to Cite
Brink, R., & Mallick, K. (2019). Die in-situ elektrochemiese opsporing van die neuromolekule, Epinefrien, met behulp van ’n funksionele nano-saamgestelde silwer-polimeer verrykende materiaal. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 116-117. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/692
Section
Referaatopsommings