Goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word

  • Wessel J Pienaar Universiteit Stellenbosch
Keywords: Internasionale handel, lugvragvervoer, padgoederevervoer, pypleidingvervoer, seegoederevervoer, spoorgoederevervoer

Abstract

Sedert die ekonomiese deregulering van goederevervoerbedrywighede in nywerheidslande oor die wêreld heen en die vrymaking van internasionale handelspraktyke het dit nodig geword om ’n praktiese kennis van die tipe g oederevervoertegnologie te hê wat kan help om die doelmatige en doeltreffende deelname in internasionale handel te ondersteun. In dié oorsigartikel word verslag gedoen oor die vernaamste bedryfs- en tegnologiese eienskappe van die goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word. Die fokus is in besonder op daardie aspekte wat die bedryf van internasionale goederevervoer onderskei van dié van plaaslike goederevervoer. Al vyf goederevervoermodusse word bespreek, te wete lug-, pad-, spoor-, pypleiding- en skeepsvervoer. Voortspruitend uit die navorsing word aanbevelings gemaak om die doelmatigheid en doeltreffendheid van goederevervoer tussen Suid-Afrika en ander lande te help verbeter.

Author Biography

Wessel J Pienaar, Universiteit Stellenbosch

Departement Bedryfsingenieurswese, Universiteit Stellenbosch

Published
2018-08-04
How to Cite
Pienaar, W. (2018). Goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 1-9. Retrieved from http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/670
Section
Articles