Onderrig van Generasie Y

  • Elza Venter Department of Psychology of Education, University of South Africa
Keywords: Generation Y, Learning, Teaching, Motivation, Technology, Multimedia, Multitasking, Digital devices, Search engines, Teamwork

Abstract

Generasie Y-leerders is jongmense wat ongeveer tussen 1977 en 2000 gebore is. Hierdie leerders het voor skerms grootgeword, ongeag of dit televisie-, rekenaar- of selfoonskerms was. Hulle is gebore in ’n samelewing waar inligting, opvoeding en vermaak net ’n klik ver was. Navorsers meen dat dié leerders se kritiese denke en ander kognitiewe vaardighede geaffekteer is omdat hulle ’n aansienlike hoeveelheid tyd daaraan bestee het om woorde en beelde passief te absorbeer, eerder as om met insig te lees. Leerders uit die generasie is dikwels ongemotiveerd en onbetrokke by hul eie leerervaring omdat hulle hul gelyktydig op ’n menigte digitale toestelle vermaak, terwyl die opvoeder hulle aandag probeer kry. Hulle verkies multitaakverrigting eerder as om op een taak of persoon op ’n slag te fokus en stel dikwels meer belang in wat op die skerm voor hulle aangaan as in wat die onderwyser hulle kan bied. Opvoeders op sekondêre en tersiêre vlak moet kennis hiervan neem en opnuut dink oor hulle onderrig- en leerstrategieë. Die klem in hierdie navorsing val op leerders, studente en opvoeders op sekondêre en tersiêre vlak. Die navorsing is deur die toepassing van ’n literatuuroorsig gedoen. Die hoofnavorsingsvraag van die studie is: ‘Hoe kan Generasie Y-leerders beter deur opvoeders by hulle eie leer in die klaskamer of lesinglokaal betrek word?’ Die twee subvrae is: (1) ‘Wat is sommige van die eienskappe van Generasie Y-leerders wat leer beïnvloed?’ en (2) ‘Watter onderrigstrategieë kan gebruik word om Generasie Y-leerders meer by hulle eie leer te betrek?’ Die outeur van hierdie artikel wil poog om opvoeders deur die literatuurstudie van riglyne in hierdie verband te voorsien.

Author Biography

Elza Venter, Department of Psychology of Education, University of South Africa
Elza Venter has been in the academic environment since 1992. She is a professor in the Department of Psychology of Education, Unisa. She is involved in both Psychology of Education and Philosophy of Education.
Published
2016-11-03
How to Cite
Venter, E. (2016). Onderrig van Generasie Y. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 35(1), 7 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1395
Section
Original Research: Technology in Academics