The influence of sedentary and active work environments on wellness

  • Peet du Toit
  • Lee-Anne Naicker
  • Evangeline Nortje
  • Michael Kleynhans
  • Ron�l Ferreira
  • Gerda Gericke
Keywords: algehele welstand, sedent�re lewenstyl, aktiewe lewenstyl, fisieke aktiwiteit, bevordering van Gesondheid

Abstract

Die begrip welstand het oor die afgelope dekades verander na gelang die lewenstyl van die samelewing met tegnologiese vooruitgang tred gehou het. Die hedendaagse siening is dat welstand in die eerste plek die verantwoordelikheid van die individu self is en bepaal word deur die beoefening van gedrag wat gesondheid bevorder. Daar is verskeie faktore wat bydra tot gesondheid in die sin van �n individu se gevoel van algehele welstand op die lang termyn. Een van die belangrikstes daarvan is fisieke aktiwiteit, en daar is aansienlike navorsing gedoen om die voordele van �n fisiek aktiewe lewenstyl te ondersoek. Hierdie navorsingsoorsig gaan van die veronderstelling uit dat die mees akkurate metode om di� voordele te peil, is om �n aktiewe met �n sedent�re lewenstyl te vergelyk. Die doel van die oorsig is om die begrip �algehele welstand� te verduidelik en om die voordele van �n werkomgewing wat fisieke aktiwiteit toelaat en die nadele van �n omgewing waarin daar hoofsaaklik gesit word uit te lig wanneer dit op die bereiking van algehele welstand aankom.
Published
2013-10-28
How to Cite
du Toit, P., Naicker, L.-A., Nortje, E., Kleynhans, M., Ferreira, R., & Gericke, G. (2013). The influence of sedentary and active work environments on wellness. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 6 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.768
Section
Original Research: Food

Most read articles by the same author(s)