Challenges in the teaching of evolution in the life sciences classroom.

  • Josef J. De Beer
  • Elizabeth Henning
Keywords: Evolution, conceptual change, barriers to learning

Abstract

In hierdie artikel skryf die outeurs oor navorsing wat hulle gedoen het oor onderwysers se siening van die onderrig van evolusie, wat in 2008 as �n tema in lewenswetenskappe in Suid- Afrikaanse skole ingesluit is. Hierdie vernuwing in die kurrikulum is met gemengde reaksies begroet. Terwyl sommige onderwysers dit met entoesiasme onderrig, is baie gekant teen die onderrig van evolusie. Die artikel is gebaseer op �n navorsingsprojek waarby 255 onderwysers betrek is. Vraelyste is gebruik om kwalitatiewe data, wat vir diskoers ontleed is, in te samel. Die diskoers van die onderwysers het getoon dat �n groot getal van hulle nie hul onderrigopdrag kan versoen met hul geloof nie en konsepte oor evolusie as �feite� verduidelik, maar seker maak dat evolusie as �n teorie gediskrediteer word. Dit het verreikende implikasies vir sowel onderwyseropleiding as kurrikulumontwikkeling. Konseptuele veranderingsteorie word as �n lens gebruik om na hierdie problematiek te kyk.

Author Biographies

Josef J. De Beer
Josef is �n senior lektor in die Departement Wetenskap en Tegnologie-onderwys, in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Johannesburg. Hy is die hoofnavorser in �n befondste projek wat fokus op natuurwetenskappe onderrig op skool, en die probleme wat onderwysers ondervind met die implementering van die nuwe kurrikulum. Tans is Josef besig met �n etnobotaniese opname om die inheemse kennis ten opsigte van mediese en eetbare plante van die nageslag van die Khoi-San mense in die Noord-Kaap op te teken (saam met Ben-Erik van Wyk, van die Departement Plantkunde en Plantbiotegnologie). Josef is die skrywer van Lewenswetenskappe skoolhandboeke vir Nasou Via-Afrika, en ook van �n aantal tersi�re boeke, waarvan die bekendstes is �Becoming a Teacher� (Heinemann), en �Teaching Science� (Macmillan). In 2009 is Josef vereer met die HELTASA toekenning vir nasionale uitnemendheid in universiteitsonderrig.
Elizabeth Henning
Elbie is �n is spesiale professor in Onderwyslingustiek en �n mede-stigter en direkteur van die Sentrum vir Onderwyskundige Praktyknavorsing by die Universiteit van Johannesburg. Haar kantoor is op die Universiteit van Johannesburg se Soweto Kampus, en Elbie geniet die stimulerende energie van hierdie jong kampus. Sy was die ontvanger van die Spencer Postdoctoral Fellowship in die VSA vir haar baanbrekerswerk op onderwysersopleiding navorsing in informele nedersettings in die 90�s. In 2010 is sy bekroon deur die American Educational Research Association (AERA) as �n deelgenoot (�Fellow�) in die �AERA Fellows Proram.� Haar huidige navorsing is gerig op vroe� kinderontwikkeling en die rol van taal. Sy ko?rdineer longitudinale navorsing oor kognitiewe ontwikkeling in die UJ Instituut vir Kinderonderwys. Hierdie NRF gelyste navorser (B kategorie) is ook die redakteur van �n Thompson-Reuters geakkrediteerde joernaal, Education as Change. Sy is �n gesoute skrywer, en een van haar mees suksesvolle boeke is �Finding your way in qualitative research�.
Published
2013-02-11
How to Cite
De Beer, J., & Henning, E. (2013). Challenges in the teaching of evolution in the life sciences classroom. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 9 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.261
Section
Oorspronklike Navorsing